Penny Sparrow se aansoek om appèl misluk

Deel op

Penny Sparrow se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n gelykheidshofbeslissing was onsuksesvol.

Die Scottburgh gelykheidshof het Donderdag haar aansoek ter syde stel weens onreëlmatighede in terme van die reëls van die hof se beslissing, en haar beveel om die regskoste van die ANC se betaal.

Vergesel deur haar dogter Charmaine Cowie, moes Sparrow hoor daar was ‘n “aantal gebreke” in haar aansoek wat sy in Julie geliasseer het.

Die ANC se prokureur Peter Williams het die administratiewe foute in haar aansoek uitgewys.

Hy het bygevoeg dat die kennisgewing van appèl ook buite die vasgestelde tydperk ingehandig is en dat sy versuim het om die betrokke bevel en gronde uiteen te sit.

In ‘n Facebookpos in Januarie, het Sparrow swart morsjorse met ape vergelyk omdat die hordes op Nuwejaarsdag in Durban die strande vervuil het. Die ANC het haar hof toe gesleep oor haar “rassisme”, klaarblyklik ‘n bekentenis dat die strand ‘n vullisafvalhoop is.

In Junie het die Umzinto-gelykheidshof gelas dat Sparrow tot R150 000 betaal aan die Oliver en Adelaide Tambo Stigting.

Nadat die gelykheidshofsaak afgehandel is, is Sparrow krimineel aangekla weens crimen injuria.

Die Scottburgh-landdroshof het haar beboet met R5 000 in September nadat sy skuldig gepleit het. Die boete was die gevolg van ‘n pleitooreenkoms.

Sparrow is gevonnis tot ‘n verdere twee jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.