Nico Carstens en Jans Rautenbach oorlede

Deel op

Die bekende Afrikaanse trekklavierspeler en komponis, Nico Carstens is oorlede.

Die 90-jarige musikant het Dinsdagaand in ‘n Kaapstadse hospitaal vir oulaas gegroet. Hy het meer as tweeduisend musiekstukke gekomponeer, waarvan die bekendste die treffer Zambezi was.

‘n Familievriend, Ingrid Howard sê Carstens was ‘n ware heer wat mense aangespoor het. Hy het ook mense oorweldig met sy musiektalent. Huldeblyke stroom intussen in vir Cartens.

Die oud-rolprentmaker, Jans Rautenbach is op ‘n dag later op tagtigjarige ouderdom in die hospitaal op Mosselbaai in die Suid-Kaap oorlede.

Dit volg na ‘n lang siekbed en komplikasies met longontsteking. Hy is Woensdag van die lewensondersteunende masjiene ontkoppel.

Rautenbach was bekend vir talle rolprente, onder meer Die Kandidaat en Katrina.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.