EFF steek glo treine aan die brand

Deel op

Volgens omstanders was EFF-ondersteuners daarvoor verantwoordelik dat treinwaens aan die brand gesteek is.

Die polisie het vroeër bevestig dat die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein beskadig is en verskeie winkels in Pretoria se middestad geplunder is tydens Woensdag se massa-optog na die Uniegebou.

‘n Woordvoerder van die Polisie, Sally de Beer sê die omvang van die skade aan die standbeeld moet nog bepaal word. Sy het bevestig dat talle mense in hegtenis geneem is.

Duisende EFF-ondersteuners het vroeër Pretoria se middestad tot stilstand gebring tydens ‘n betoging oor “staatskaping”. EFFers is ook afgeneem waar hulle `n drankwinkel in Pretoria plunder. Beeldmateriaal op Twitter wys hoe die swartes met hul rooi EFF-hempies met gesteelde drank uit die drankwinkel stroom.

‘n Woordvoerder vir die Tshwane nooddienste in Pretoria, Johan Pieterse het aan RSG bevestig dat die brand geblus is waar twee treinwaens by die Doornfonteinstasie in Centurion aan die brand gesteek is.

Niemand is beseer nie. Hy sê dit is nog onduidelik hoe die brand ontstaan het.

Pieterse sê Spoornet sal die oorsaak van die brand ondersoek.

Die leier van die EFF, Julius Malema het ‘n beroep op EFF-lede gedoen om die wapen op te neem in April vanjaar.

Malema het gedreig om president Jacob Zuma se regering deur die “loop van ‘n geweer” te verwyder.

Malema het aan Al Jazeera gesê die ANC gebruik geweld om verdeeldheid te onderdruk, met verwysing na ‘n voorval verlede jaar toe lede van sy radikale ekonomiese Freedom Fighters (EFF) uit die parlement geskop is.

“Ons sal geduld baie gou opraak en ons sal hierdie regering deur die loop van ‘n geweer verwyder,” het Malema, Zuma se eenmalige beskermling en voormalige ANC-jeugleier verklaar.

“Deel van die revolusionêre plig is om te veg en ons is nie skaam as die behoefte ontstaan om ons wapens op te neem en te veg nie,” het Malema gesê.

EFF-protesoptogte word dikwels met gewelddadige verset teen die veiligheidsmagte gekenmerk, het hy gesê.

Die ANC het gesê hulle sal regstappe teen Malema oorweeg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.