PayPal-stigter Thiel ontbloot leuen van ‘diversiteit’

Deel op

PayPal se medestigter en waagkapitalis Peter Thiel het Maandag gesê dat hy Donald Trump as president verkies by die Nasionale Persklub in Washington, en bygevoeg dat hy hom nie steur aan oproepe vir “diversiteit” nie.

Hy sê hy bevraagteken die ware betekenis van die term “diversiteit” en het spesifiek die LGBT-tydskrif, The Advocate, uitgesonder wat bevraagteken of Thiel, ‘n prominente konserwatiewe gay man, steeds beskou kan word as gay omdat hy Trump steun.

“Die leuen agter die modewoord van diversiteit kan nie duideliker word nie,” het Thiel Maandag gesê. “As jy nie voldoen aan hulle reëls nie, is jy kamtig teen diversiteit, maak nie saak wat jou persoonlike agtergrond is nie.”

Die tegnologie-entrepreneur beskou Trump as die beste keuse in die presidensiële wedloop, want Trump is sku vir meer oorloë, en gereed om die probleme wat veroorsaak word deur internasionale handels- en regeringregulasies op te los om die ekonomie te red.

Thiel staan in ‘n spervuur ​​van kritiek as gevolg van sy finansiële ondersteuning van die presidensiële veldtog van die Republikeine, maar hy het Maandag teruggekap teen Washington en Silicon Valley se elite.

Hy is een van die enigstes wat Donald Trump ondersteun in Silicon Valley, en het sy steun vir die GOP-kandidaat bevestig deur te sê Trump verteenwoordig ‘n populistiese beweging wat groter is as sy kandidatuur.

Thiel het gesê die elite steur hulle nie aan die ekonomiese probleme wat baie Amerikaners teister nie en bygevoeg dat liberale en joernaliste hulself soos verwende kinders gedra.

Hy glo ook die Trump-verskynsel is hier om te bly. “Dit maak nie saak wat gebeur in hierdie verkiesing nie, wat Trump verteenwoordig is nie gek nie en dit gaan nie weg nie,” het hy aan die Nasionale Persklub gesê. “Hy lei ‘n nuwe Republikeinse Party verby die dogmas van Reaganisme.”

“Hy wys selfs na ‘n nuwe Amerikaanse politiek wat ontkenning oorwin het, borreldenke verwerp het en reken met die werklikheid.”

Hoewel hy sê Trump dalk nie die ideale kandidaat is nie, is hy ‘n goeie begin.

“Ek stem nie saam met alles wat Donald Trump gesê en gedoen het nie,” het hy gesê. “Dit is nie ‘n gebrek aan oordeel dat Amerikaners wil stem vir Trump nie; ons stem vir Trump omdat ons oordeel dat die [huidige] leierskap van ons land misluk het.”

“… Net so veel as wat dit gaan oor die saak om Amerika groot te maak, is Trump se agenda oor die saak wat van Amerika ‘n normale land sal maak.” ‘n Normale land is ‘n land wat nie verdrink in die skuld nie, het Thiel bygevoeg.

“‘n Normale land nie ‘n halftriljoen dollar se handelstekort nie,” het hy vervolg. “‘n Normale land veg nie vyf gelyktydige onverklaarde oorloë nie. In ‘n normale land, doen die regering eintlik sy werk.”

Thiel het gesê hy sou ‘n konfrontasie tussen Trump en Bernie Sanders verkies het: “Ek het nog altyd ‘n smaak vir buitestaander kandidate gehad.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.