Hewige straatgevegte tussen asielsoekers in Parys

Deel op

Een van die mees gewilde buurte van Parys is Woensdag verander in ‘n slagveld toe asielsoekers mekaar aangeval het in skokkende tonele.

Franse inwoners in die buurt is ongelukkig omdat hul omgewing besig is om gewelddadig en gevaarlik te raak. Berigte van straatrowers is aan die toeneem. Die geweld, het die Britse Daily Express berig, beteken die ondergang van hul besighede en maak hul bestaan ‘n “lewende hel” sê hulle.

Rondom die metrostasie Stalingrad het duisende migrante in die nasleep van die sloping van die “oerwoud” in Calais toegesak.

Die Franse dagblad Le Figaro het ook berig dat die plaaslike bevolking in die Stalingraddistrik nou in vrees leef. Parysenaars kla dat die asielsoekers nie “die wet respekteer nie” en “geen poging aanwend om te integreer in die Franse samelewing nie”.

Maar dis blykbaar nou die minste van hul probleme, want Woensdag die gebied rondom die metrostasie soos ‘n toneel uit ‘n nagmerrie gelyk, toe bendes immigrante mekaar met houtstompe begin takel het. Die asielsoekers het mekaar met hul tydelike wapens begin bewusteloos knuppel terwyl Parysenaars afgryse vervul toegekyk het.

Meer as 2 500 immigrante leef nou in die tydelike kamp. Die stank van urine, ontlasting, en rommel wat uit die hool damp, het die lug vervuil.

Dit is nie bekend wat aanleiding gegee tot die vroegoggend se skermutselings nie, maar mededingende bendes mensesmokkelaars is glo agter die gewelddadige gevegte wat gereeld ook in Calais plaasgevind het.

Ten spyte van die sinnelose geweld, is ‘n pro-migrasie betoging georganiseer deur oop-grens entoesiaste by die kamp vir Woensdagaand.

Die eens vreedsame arrondissement, in die 10de distrik van Parys, wat ‘n gewilde kuierplek met toeriste is, het vele sonderlinge restaurante en straatkafees, maar met die koms van die vlugtelingplakkers, en die gepaardgaande haglike omstandighede en geweld, is die buurt se daaglikse lewe byna tot stilstand gedwing.

Na afloop van die sloping van die “oerwoud”, is die pogings van duisende immigrante om Brittanje te bereik, gefnuik. Hulle het nou verskuif na Parys se strate.

Die meeste kom uit Soedan, Libië, Afghanistan, en Eritrea, en hulle het hul klein tente onder die metrostasie se oorbrug opgeslaan, en slaap op karton.

Terwyl die Franse polisie al by verskeie geleenthede probeer het om die immigrante te verjaag, het hulle eenvoudig bly terugkom.

Die Franse owerheid het Woensdag intussen begin om nage­noeg 1 500 onvergeselde “kindermigrante” van die Calais migrantekamp, wat vroeër deur veiligheidsmagte ontruim en in puin gelê is, te verwyder en na ontvangsentrums in die land oor te plaas.

Dit kom midde ‘n dooie punt tussen Frankryk en Brittanje oor wie vir die “kinders” – eintlik is hulle volwasse mans – moet sorg, wat nie bygelê kon word nie. Hulle word “kinders” genoem sodat politici die mans meer geredelik aan die kiesers kan afsmeer.

Die “minderjariges” word voorlopig in skeeps­houers in die noordelike stad Calais gehuisves.

Duisende ander migrante is haastig oral in Frankryk hervestig om die oogseer te probeer wegsteek vir die komende verkiesing.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.