Sirië sê rebelle dood burgerlikes

Deel op

Die Siriese weermag sê die Noesra Front en, wat as ‘n terroristegroep bestempel word, het die afgelope drie dae die lewens van 84 mense, meestal vrouens en kinders, in Aleppo geëis in bombarderings wat die gebruik van chemiese wapens ingesluit het.

Die VN het intussen die slagting van burgerlikes veroordeel en gesê daar kon oorlogsmisdade gepleeg gewees het.

Die Noesra Front het sy bande met Al-Kaïda glo verbreek en sy naam in Julie na Jabhat Fateh al-Sham verander, maar ontleders op die grond sê dis pure oëverblindery.

Dit is een van die hoof rebellegroepe wat aan ‘n offensief, wat Vrydag begin het, teen die regeringbeheerde westelike deel van Aleppo deelneem.

Alhoewel gevegte voortduur, is daar nog min vordering gemaak.

Intussen het die Siriese weermag sonder die hulp van Russie lugbystand die terroriste teruggedryf uit dele van Aleppo.

Maar bevelvoerders sê alhoewel die Siriese elite-eenheid, die Tierbrigade die djihadiste vanuit hoë stellings uitgehou het, is daar wapens en fondse wat instroom vanuit Saoedi-Arabië en Katar.

Intussen probeer die VSA ‘n aanval op Raqqa, die vesting van ISIS loods, maar daar is nie groepe wat die geveg namens hulle wil lei nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.