Die Amerikaanse weermag het Brittanje se kernwapenfabriek gebruik om navorsing te doen op sy eie kernplofkopprogram, volgens die Britse Guardian.
Amerikaanse verdedigingsbeamptes het gesê dat baie waardevolle navorsing gedoen is op plofkoppe by die KernwapenInstituut by Aldermaston in Berkshire as deel van 'n volgehoue, geheime ooreenkoms tussen die Britse en Amerikaanse regerings.
Die ministerie van verdediging het erken dat hulle saam met Amerika werk aan Brittanje se "bestaande kernwapensvoorrraad en die plaasvervangende opsies wat beskikbaar was", maar geen verdere kommentaar gelewer het nie.
Sondagaand het opposisie LP's gevra vir 'n volledige parlementêre ondersoek na die omvang van die samewerking by Aldermaston en gewaarsku dat so ooreenkoms 'n oortreding was van internasionale wette.
Hulle het bygevoeg dat dit Brittanje se verklarings van 'n onafhanklike kernwapenprogram ondermyn en ook beteken dat Britse belastingbetalers in effek die Amerikaanse kernwapenprogram subsidieer.
Die Amerikaanse president, Barack Obama, het gesê een van sy eerste aksies in die ovaalkantoor sal wees "om die ontwikkeling van nuwe kernwapens te staak". Maar die Pentagon stem nie in hierdie opsig met die president saam nie.
Die eksperimente wat in Brittanje gedoen is, was "bi-aksiale hidrodinamiese" rekenaarsimulasies gewees.
Kongres het befondsing vir hierdie navorsing gestaak en daar is sommige mense wat glo dat die Amerikaanse weermag die persele in Brittanje gebruik het om verby die beperkings in Amerika te kom.