Clintons verklaar oorlog teen FBI

Deel op

Daar is talle ontwikkelings na die heropening van die FBI se ondersoek rakende Hillary Clinton, veral die oorlogsverklaring deur Clinton se span teen FBI-direkteur James Comey.

Die skote het begin opklink slegs 24 uur na Comey se skok-en-ontsag aankondiging Vrydagmiddag, wat Hillary en die res van Clinton surrogate in wanorde gedompel het oor wat om volgende te doen.

Hulle het eers ‘n poging aangewend om die gety van nuusdekking terug te hou, maar die ontdekking van Hillary se eposse op die rekenaar van Anthony Weiner, die sekspes en vervreemde man van haar topraadgewer Huma Abedin, het opslae gemaak.

Clinton-ondersteuners het eers probeer om tyd te koop deur die definisie van die betekenis van “heropen” te herontdek. Dit was komies, maar dié gestryery oor definisies is wat die Clintons doen om te hergroepeer voordat hulle ‘n teenaanval kan monster.

Die argument oor die “regte definisie” was gou vergete nadat die Clintons na die hoogste rat oorgeslaan het. Die top Demokratiese strateeg James Carville was die eerste Clintonsurrogaat wat amptelik het sy humeur verloor het oor die ondersoek na die private epos bediener van Clinton.

In ‘n verskyning op MSNBC Maandag, het Carville uitgehaak oor die besluit van die FBI om die ondersoek te heropen, en beweer dit is deel van ‘n “sameswering”.

Hy het byna ‘n toeval gehad oor die aankondiging van Comey en dit beskryf dit as ” ‘n aanslag” of “aanval op die Amerikaanse demokrasie” meer as een keer, het lifezette.com berig.

“Die Huis Republikeine en die KGB probeer om ons demokrasie te beïnvloed,” het die sigbaar ontstelde Carville getier.

“Dit is in effek ‘n poging om ‘n verkiesing te kaap,” het hy voortgegaan. “Dit is ongekend … die Huis Republikeine en die KGB probeer om ons demokrasie te beïnvloed,” het hy gesê.

Ongelukkig vir Carville, is wolhaarstories oor Sowjetspioene al ietwat verouderd en terwyl die werklike drama van oënskynlike wetteloosheid van die Clintons tans op die voorgrond is.

En toe die MSNBC-aanbieder Carville probeer herinner dat Demokrate Comey hoog aangeprys het slegs ‘n paar maande gelede oor sy besluit dat die FBI geen saak teen Hillary gaan open nie, het Carville amper verstik van woede en onsamehangend begin praat.

Sedert dit bekend gemaak is Vrydag, het die Groot Drie (ABC, CBS, NBC) netwerke op die aanval oorgegaan teen James Comey, en wat ‘n skandaal oor Clinton moet wees in ‘n smeerveldtog teen die FBI-direkteur probeer verander, het newsbusters.org opgemerk.

In die mediaverklarings wat ‘n posisie ingeneem het oor Comey en Clinton, was daar reeds 88 teen Comey, terwyl Clinton slegs 31 negatiewe verklarings ontvang het, ‘n verhouding van byna 3-1.

Die mediavooroordeel vir Clinton was voor die hand liggend. Noudat die FBI die nodige lasbrief gekry het om die 650 000 eposse op Weiner se notaboek te fynkam, het die Amerikaanse departement van justisie vinnig aangekondig dat hy ook by die ondersoek ingeval het het AP berig, en beloof om al die nodige hulpbronne te wy aan die saak.

Die Amerikaanse Departement van Justisie het Huis en Senaat wetgewers belowe hulle “sal die nodige stappe so vinnig as moontlik neem,” volgens die assistent Prokureur-generaal Peter J. Kadzik.

Kadzik is die beste vriend van Clinton se veldtogvoorsitter, John Podestà, in beheer van ‘n ondersoek wat moontlik vir Hillary kan sink.

Soos die Daily Caller opgemerk het, is dié onverkwiklike reëling “net die jongste voorbeeld van ‘n oënskynlike botsing van belange tussen die Clinton-veldtog en die federale agentskap belas met die ondersoek na die voormalige minister van buitelandse sake se epos praktyke”.

Podestà, wat later Obama se Withuis-oorgang bestuur het, het geskryf dat Kadzik ‘n “fantastiese prokureur” was wat “my uit die tronk gehou het” toe Kadzik Podestà tydens die Monica Lewinsky-ondersoek verteenwoordig het.

Sy rol in die departement waar hy begin het in 2013, is veral opvallend, want hy was instrumenteel in die poging om Lorretta Lynch te nomineer. Lynch is gekritiseer vir haar geheime vergadering met die voormalige president Clinton.

Volgens ‘n persoon vertroud met die ondersoek, het Abedin nou vir haar surrogate gesê dat sy onseker is oor hoe haar epos op haar man se rekenaar opgeduik het, wat die beslaglegging van die FBI-ondersoek genoodsaak het.

Comey is ingesweer as FBI direkteur in 2013 vir ‘n termyn van 10 jaar. Dit beteken dat as Clinton wen in November, sal Comey onder haar administrasie dien, tensy sy hom uit sy pos verwyder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.