‘n Aardbewing wat 6,6 op die Richterskaal gemeet het, het Italië Sondagoggend weer geskud.
Verskeie gebou in hierdie streke is deur die bewing in puin gelê. Aanvanklik is die bewing op 7,1 gestel, maar dit is later aangepas. Dit was 1,5 kilometer diep.
Nog geboue, waaronder historiese ou kerkies in verskeie klein dorpies, is verwoes. Daar was geen onmiddellike berigte van besering nie, maar die skade was groot.
Dit het voorgekom in die sentrale dele van die land, het Amerika se geologiese opnamekantoor gesê.
Die middelpunt van die skudding was 68 kilometer oos-suidoos van Perugia en volg na ‘n reeks aardbewings Woensdag in Sentraal-Italië.
Geen sterftes en min ernstige besering is teen Donderdagoggend vroeg aangemeld.
Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname het die eerste aardbewing 5,4 gemeet, die tweede 6,1 en die derde 4,9.
Sowat vyf uur ná die eerste skudding het Fabrizio Curcio, hoof van burgerlike beskerming, gesê talle mense is beseer van wie vier ernstig is.