Edward Snowden praat saam op Konstitusieheuwel

Deel op

Edward Snowden, die Amerikaanse agent wat gedros het, het tydens ‘n regstreekse aanlyngeleentheid wat deur die voormalige Greenpeace direkteur, Kumi Naidoo, by Konstitusieheuwel in Johannesburg gereël is, gepraat.

Tydens die aanlyngesprek, het Snowden sy kommer uitgespreek oor hoe sommige van die wêreld se grootste aanlyn-dienste data insamel oor gebruikers.

Die voormalige Amerikaanse Central Intelligence Agency (CIA) werknemer, wat geklassifiseerde inligting van die National Security Agency (NSA) in 2013 uitgelek het, het gepraat vanuit Rusland, waar hy tans met tydelike asiel woon.

Die geleentheid is aangebied by die Women’s Jail by die Konstitusieheuwelkompleks met die doel om maniere te bespreek om die staat uit te daag.

“Een van die sentrale probleme van die internet vandag is dat die gewildste dienste in die wêreld saamwerk, meer as wat as die wet voorskryf en daar is ook ‘n vraag rondom hoeveel maatskappye insamel wat alle perke oorskry,” het Snowden gesê.

Snowden het gepraat oor maatskappye soos Google, Skype, Apple en Yahoo wat in staat is om data in te samel van sy gebruikers.

“Hierdie maatskappye bedryf ‘n besigheid en hoe meer ons gebruik maak van hul dienste, hoe meer inligting kan hulle versamel oor ons,” het hy gesê.

“Ons moet begin dink oor die gevolge van hierdie in ‘n meer etiese konteks. Maatskappye kan maklik e-pos in die geheim lees,” het Snowden bygevoeg.

Hy het egter gesê dat daar metodes is om te kan kommunikeer sonder om persoonlike data beskikbaar te stel.

Snowden het verwys na Signal, ‘n private boodskaptoepassing wat suksesvol daarin geslaag het om boodskappe van gebruikers van die regering en owerhede te weerhou.

Hy het voorgestel dat kodeboodskappe gebruik word om byvoorbeeld ontmoetings te reël sodat die staat nie bewus is van wat ‘n mens doen nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.