Betogers wil instellings met nagwaak dwing tot oorgawe

Deel op

Betogers van die Fees Must Fall-veldtog het Sondagaand ‘n nagwaak by die Universiteit van Johannesburg se Aucklandpark Kingsway-kampus gehou.

Betogers van ander instellings, soos die Tshwane Universiteit van Tegnologie en die Noordwes Universiteit se Mahikeng-kampus was nog in die aand per bus na Johannesburg op pad.

Die amokmakers eis dat die regering daadwerklike stappe moet doen om gratis tersiêre onderrig moontlik te maak.

‘n Organiseerder van die nagwaak, Lindokuhle Xulu sê hulle gaan vandag ‘n optog deur die middestad hou. Xulu sê die protesoptrede sal voortduur totdat daar aan hul eise gehoor gegee word.

Intussen is berigte ontvang van brandstigting toe die nagwaak by die Universiteit van Pretoria in geweld ontaard het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.