Eienares van AWB-leier se eertydse plaas ook vermoor

Eugene Terre'Blanche
Deel op

Die eienares van die plaas Witrandjiesfontein by Ventersdrop wat aan die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, behoort het, is die naweek op die plaas vermoor.

Die 55-jarige Annerie Grobler is na bewering deur drie van haar voormalige swart werkers werkers doodgeslaan.

‘n Polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê een van die swart verdagtes is aangekeer nadat Grobler se bakkie waarmee die verdagtes gevlug het by Hartebeesfontein opgemerk is.

Die drie swartes het uit die voertuig gespring en te voet verder gevlug, waarna een met die hulp van die gemeenskap in hegtenis geneem is.

Niks word uit Grobler se huis vermis nie en die motief van die moord is volgens Makau nog nie bekend nie.

Terre’Blanche is ook in 2010 glo deur een van sy werkers op die plaas vermoor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.