Duitse maatskappy weier glo om Zim-note te druk

Deel op

‘n Duitse maatskappy, Giesecke and Devrient, het ‘n versoek van Zimbabwe van die hand gewys om die nuwe geld vir die tesourie te druk wat tans met enorme kontantvloeiprobleme worstel.

John Mangudya, president van Zimbabwe se reserwebank, het na bewering gesê die Zimbabwiërs wat teen die nuwe ruiliddel gekant is, is besig met “politiekery deur lande soos Duitsland te oortuig om daarvan af te sien om die surrogaatgeldeenheid te druk”.

Zimbabwe het Suid-Afrika en ander lande om hulp oor die kwessie genader. Luidens die Zimbabwe Independent wat Vrydag verskyn het, het Mangudya gesê die nuwe betaalmiddel sal nie in Duitsland, Suid-Afrika of Zimbabwe gedruk word nie.

“Wat ek julle kan sê, is dat hulle [die nuwe note] nie in Duitsland of Suid-Afrika gedruk word nie. Hulle word beslis buite die land gedruk.”

Mangudya het onlangs aangekondig dat die nuwe note teen die einde van Oktober in sirkulasie sal wees en dat note ter waarde van ongeveer $75 miljoen teen die einde van Desember in sirkulasie sal wees.

Volgens News Day, sê Patrick Chinamasa, die land se minister van finansies, dit is onwaarskynlik is dat die note binnekort in die mark sal wees aangesien die regering nog nie sekere sake afgehandel het rakende die note nie.

Zimbabwe gebruik Amerikaanse dollar en die Suid-Afrikaanse rand sedert 2009 nadat inflasie by 231 miljoen% gedraai het. Dollarnote het die laaste paar maande egter skaars opgeraak. Die nuwe note moet glo help om die kontantvloei­tekort op te los.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.