Akkreditasie van Universitas Akademiese Hospitaal ondersoek

Die Openbare Dienstekommissie (ODK) gaan die akkreditasie van die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein moontlik ondersoek.

‘n Aankondiging deur die Gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, dat die Universitas-hospitaal nou die swakste opleidingshospitaal in die land is, is deur klagtes gevolg oor dié hospitaal en die Pelonomi-hospitaal na die kommissie verwys is.

Motsoaledi het gesê hy is nie bewus van die oorsaak nie, maar die hospitaal se standaardvereistes het van 90% tot 60% geval. Hy het gesê die redes hiervoor gaan dringend ondersoek moet word.

Die Vrystaatse kommissaris van die Openbare Dienstekommissie, Henk Boshoff, sê hy het reeds die Vrystaatse Gesondheidsdepartement om kommentaar genader oor doe kwessie.

Boshoff sê hulle het ‘n klag met betrekking tot dié twee gesondsgeriewe via die nasionale antikorrupsie-blitslyn ontvang.

Hy sê dit is nie ‘n ondersoek nie, maar hy het wel inligting aangevra.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.