Vrystaat landbou veroordeel 2 aanvalle in een naweek

Deel op

Vrystaat Landbou het twee afsonderlike plaasaanvalle wat die naweek in die provinsie plaasgevind het, ten sterkste verwerp.

Voorsitter van VL se wet-en-ordekomitee, Tommie Esterhuyse, sê daar was vanjaar al 40 plaasaanvalle in die provinsie gewees. Hy sê die aanval op ‘n boervrou van Ladybrand en nog ‘n beweerde aanval op ‘n boer op sy plaas tussen Petrusburg en Edenburg bring die getal plaasaanvalle vandeesmaand op ses.

Hy sê altesaam ses mense is al vanjaar op plase vermoor. Dit sluit ‘n boer en vier plaaswerkers in. Esterhuyse maan boere en plaasbewoners om veral nóu op hul hoede te wees.

Boere moet paraat wees met die oog op die naderende feestyd. Hulle moet betrokke raak by bestaande veiligheidstrukture omdat VL ‘n toename in aanvalle en rooftogte op plase voorsien.

Esterhuyse sê in albei plaasaanvalle die naweek is die landelike beveiligingsplan in werking gestel.

Dit is verblydend om te sien boere is paraat en betrokke by veiligheid in hul gebiede. Hy sê dit is duidelik dat boere daarop let om nou saam met die polisie te werk om plaasaanvalle hok te slaan.

Volgens Esterhuyse is 15 aanvalle op plase in die Vrystaat vanjaar afgeweer.

Bron: OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.