Oproer by Tuks

Deel op

Ten minste een motor is verbrand en die dameskoshuis Nerina is met klippe aangeval tydens die jongste oproer by die Universiteit van Pretoria. Swart studente en ander betogers wat nie met die universiteit verbind is nie, het gepoog om Burnettstraat in Hatfield, die voorstad waarin die universiteit geleë is, te versper.

Polisie verkeer op die toneel. Brigadier Sally de Beer van die SAPD het in ‘n verklaring gesê:

Klipversperrings is in die strate rondom die kampus deur betogers aangebring
Klipversperrings is in die strate rondom die kampus deur betogers aangebring

“Nadat ‘n nagwaak gisteraand gehou is, het studente aan die Universiteit van Pretoria, Hatfield, die ingang tot die kampus versper.

“Ons verstaan dat voertuie op die kampus beskadig is en die SAPD sal dit kontroleer.

“Openbare-ordepolisiëringslede verkeer op die toneel. Die polisie sal die situasie monitor en waar nodig optree, terwyl die maksimum versigtigheid en die minimum geweld gebruik sal word om vrede, kalmte en stabiliteit te handhaaf,” het sy bygevoeg.

Die universiteit se woordvoerder, Anna-Retha Bouwer, het gesê dat ‘n “beperkte akademiese program soos beplan is, sal voortgaan.
“In die vroeë oggendure is betogings deur ‘n groep betogers in die Hatfield-gebied van stapel gestuur, buite die kampus, wat tot ‘n mate van skade aan universiteitsgeboue in die Prospectstraat en Festivalstraat-gebied gevolg het.
“Die polisie hanteer die situasie,” het sy gesê.
Hierdie bord by die Prospectstraatingang van die kampus is deur betogers geskend
Hierdie bord by die Prospectstraatingang van die kampus is deur betogers geskend
Die huidige betogings is deel van die #MustFall-veldtog, wat met #RhodesMustFall begin het, waarna #AfrikaansMustFall, #FeesMustFall and #ScienceMustFall gevolg het.Swart studente wil alle standbeelde en skilderye waarin blankes uitgebeeld word van die kampus verwyder hê, en wil ook sillabusse “gedekoloniseer” sien om alle Westerse inhoud uit te sluit. Ten minste een student aan die Universiteit van Kaapstad het geëis dat Westerse wetenskap “afgeskaf” word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.