Plaasaanvaller slaan boervrou in gesig met bottel

Deel op

Die vermeende swart plaasaanvaller van ‘n bejaarde boervrou van ‘n plaas by Ladybrand sal na verwagting vandag in die landdroshof op die dorp verskyn.

‘n Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Phumelelo Dhlamini, sê die 65-jarige Hazel Meiyer is aangerand en het ernstige beserings aan die gesig opgedoen toe sy Saterdag omstreeks 16:30 deur ‘n 24-jarige aanvaller aangerand en met ‘n bottel in die gesig geslaan is.

Meiyer was alleen tuis. Haar man Klaus was elders op die plaas. Dhlamini sê Meiyer se aanvaller het toegang tot die plaashuis verkry deur ‘n skuifdeur oop te breek.

Die polisie is ontbied na die toneel en het inligting ontvang oor waar die verdagte homself kan bevind. Hulle het die inligting opgevolg en die man, vermoedelik ‘n voormalige werknemer op die plaas, is omstreeks 19:00 op ‘n buurplaas in hegtenis geneem.

‘n Bebloede T-hemp is in sy besit gevind. Dhlamini sê die kledingstuk is vir forensiese toetse gestuur om vas te stel of dit die slagoffer se bloed op die T-hemp is.

Dhlamini sê ‘n televisiestel wat tydens die rooftog uit die plaashuis gesteel is, is ook teruggevind.

Intussen het ER24 se woordvoerder, Werner Vermaak, bevestig dat Meiyer in Ladybrand deur paramedici behandel is nadat familielede in die plaashuis op haar afgekom het. Sy het ernstige frakture in die gesig opgedoen.

Sy is na ‘n hospitaal in Bloemfontein vervoer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.