Swartes gooi klip op SunCity-pad

Deel op

Twee polisievoertuie en vyf vragmotors is aan die brand gesteek en beskadig naby Brits in die Noordwes Donderdag en vandag ná gewelddadige optrede deur lede van die swart gemeenskap.

‘n Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê lede van die Majakaneng gemeenskap het na bewering verbygaande motoriste met klippe bestook en die N4 met brandende bande versper naby die Sun City-afrit op Woensdagoggend.

Dit is nog onduidelik wat aanleiding gegee het tot die geweld. Mokgwabone sê vier verdagtes tussen 19 en 27 ouderdomme het daarna in hegtenis geneem in verband met gewelddadige optrede.

Hy sê die polisie monitor die situasie en die verkeer vloei tans. Motoriste word nogtans aangeraai om versigtig te wees.

“Dit is nou stil. Die polisie is tans daar om die situasie te monitor. Daar was geen voorvalle sedert vanoggend nie. Ons het vier verdagtes in hegtenis geneem en hulle sal in die Brits-landdroshof verskyn later vanoggend op aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging. Ons doen ‘n beroep ook die gemeenskap om die oppergesag van die reg te respekteer,” het Mokgwabone gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.