Polisie beveg misdaad ‘sonder lugreëling’

Deel op

Die Openbare Dienste Kommissie (ODK) het gister sy kommer uitgespreek oor die impak wat hoë misdaadsyfers en slegte werksomstandighede het op die moraal van polisiebeamptes in die groter Bloemfontein area.

Provinsiale ODK Kommissaris Henk Boshoff sê die moraal van polisiebeamptes is baie laag alhoewel hulle lojaal bly en hard werk onder baie moeilike omstandighede.

Hierdie bevinding is gemaak tydens inspeksies by drie polisiekantore – Bainsvlei, Bloemspruit en Kopanong . Twee van dié kantore het van die hoogste moord en geweldsmisdaadsyfers in die provinsie.

‘n Ernstige tekort aan polisiebeamptes is ook tydens die inspeksies gevind. Boshoff het ‘n dringende beroep gedoen op regeringsdepartemente om saam te span en dringend in te gryp.

Hy sê alhoewel daar tans gekyk word na die opgradering van polisiekantore – wat die aanstel van meer beamptes kan beteken – sal die werkslas en die tekort aan kantoorspasie aangespreek moet word.

Boshoff sê by een van die polisiekantore moet drie beamptes vanuit ‘n beknopte kantoor sonder lugreëling werk.

Bron: OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.