Chaos toe raadslede mekaar bydam

Deel op

Chaos en geweld het tydens ‘n sitting van die Nelson Mandelabaai Metroraad in Port Elizabeth uitgebreek, en twee raadslede is beseer.

‘n DA-raadslid, Rano Kayser en ‘n ANC-raadslid, Rosi Daaminds is hospitaal toe geneem raadslede mekaar met waterbekers en glase bygedam het.

Daaminds het tydens die voorval ineengestort.

‘n Woordvoerder van die burgemeester, Kristoff Adeldorf sê raadslede wat by die voorval betrokke was sal aangekla word van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hy beskuldig die ANC daarvan dat hulle vir die voorval aanspreeklik is.

Adeldorf sê Kayser is intussen uit die hospitaal ontslaan nadat hy behandel is vir ernstige kop- en oorwonde.

Die geweld het volgens berigte uitgebreek na pogings om die ANC-raadslid, Xola Sabani weens beweerde wangedrag te dissiplineer.

Die ANC het beswaar teen die stap aangeteken, waarna gevegte uitgebreek het. ‘n Aantal skote is ook afgevuur. Die ANC het aangedui dat hulle aanklagte teen ‘n DA-raadslid gaan indien weens die afvuur van skote.

Die burgemeester, Athol Trollip sê egter dit was waarskuwingskote wat deur veiligheidswagte afgevuur is om orde te herstel.

‘n Ondersoek sal van stapel gestuur word na gdie voorval.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.