Brief: Het voorgestelde haatmisdaadwetgewing ‘n bestaansreg?

Ek is nie ‘n prokureur nie en die sienings wat ek deel is slegs hoe ek dit interpreteer en nie noodwendig dié van ‘n regsgeleerde nie. Maar die voorgestelde haatmisdaadwetgewing opper baie vrae.

http://www.justice.gov.za/legislation/bills/2016-HateCrimes-HateSpeechBill.pdf

Offence of hate crime

3.

A hate crime is an offence recognised under any law, the commission of which by a person is motivated on the basis of that person’s prejudice, bias or intolerance towards the victim of the hate crime in question because of one or more of the following characteristics or perceived characteristics of the victim or his or her family member:

(a) Race; (b) gender; (c) sex, which includes intersex; (d) ethnic or social origin; (e) colour; (f) sexual orientation; (g) religion; (h) belief; (i) culture; (j) language; (k) birth; (l) disability; (m) HIV status; (n) nationality; (o) gender identity; (p) albinism; or (q) occupation or trade.

Volgens die definisie van “maatmisdaad” is dit duidelik dat die regstellende-aksiewetgewing, asook ook die swartbemagtigingswetgewing daardeur gekanselleer word. Ek sê so omdat baie van die wetgewing geskryf is in die gees van diskriminasie teen blankes en veral teen blanke mans. Die vraag dan is of dit so toegepas sal word?

Verder dink ek nogal is dit nie ‘n te slegte stuk wetgewing nie want dit sal vryheid van spraak vir die linksliberale pers totaal en al inperk en die geweeklaag van mense soos Max Dup sal nie meer kan plaasvind nie.

As mens verder lees sal jy sien dat dit nie jou as persoon se interaksie met mense inperk nie. Ek neem as ‘n voorbeeld: Ek stuur ‘n boodskap aan ‘n groep dat ek nie organisasies sal ondersteun wat Blank sowel as Swart kinders kos gee nie. Ek pleeg nie ‘n haatmisdaad deur dit te sê nie, ek deel slegs my siening met ‘n groot groep mense. Maar as een van daardie mense, kom ons sê maar die persoon is hopeloos te liberaal, my aanval oor my siening en uitkyk op die wêreld en my bv name noem pleeg daardie persoon ‘n haatmisdaad. Sou daardie persoon verder gaan en dit wat ek gesê het versprei na sy kontakte toe met die gedagte dat hulle my ook moet aanval, dan pleeg daardie persoon ook ‘n haatmisdaad.

Ek vra dus die vraag of Penny Sparrow onder dié wetgewing aangekla sou kon word, sy het verwys na morsjorse as ape. Regter Mabel Jansen het weer in ‘n privaatboodskap haar sogenaamde misdaad gepleeg. Die wetgewing is duidelik dat privaat omgang, tensy dit is om iemand aan te hits om ‘n haatmisdaad te pleeg, nie ‘n misdaad is nie. Om egter daardie privaat kommunikasie te gebruik om die persoon aan te val en in ‘n slegte lig te stel, is wel ‘n haatmisdaad. So Gillian Schutte het haarself dus skuldig gemaak aan ‘n “haatmisdaad” omdat sy Jansen aangeval het uit haar verhewe liberale “prejudice, bias or intolerance towards the victim”. My vraag dus is as Jansen ‘n klag teen Schutte sou lê wat sal die uitspraak dan wees? Sou die hof nie Schutte skuldig bevind nie sal dit al reeds ‘n groot deel van die wetgewing tot niet maak. Verder moet net een politieke persoon met aansien aangekla word vir ‘n onbesonne ding wat hy of sy kwytraak en onskuldig bevind word en daar stort die wet totaal ineen.

Nou moet ek vra: Wie het hierdie konsepwet saamgestel?

Moet ons stilbly en die wet laat deurgaan en vinnig speel, ‘n paar liberale en swartes uitlok en aankla om sodoende die tande van die wetgewing te trek of moet ons die voorgestelde wetgewing met hand en tand beveg?

Ek sal graag die siening van ‘n regsgeleerde wil sien aangaande my afleidings.

– Jan Malan

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.