Brittanje se oorlogsonderrok hang ver uit

Deel op

Rusland het NAVO se opbou aan sy grens gekritiseer en gesê dit sal geensins bydra om noordelike Europa veiliger te maak nie.

Die Britse sekretaris van Verdediging, Sir Michael Fallon het by NAVO se hoofkwartier in Brussel verklaar: “Dit is Brittanje wat NAVO wil versterk met die ekstra gerusstelling wat ons in staat is om aan te bied.

“Hoewel ons die Europese Unie verlaat het, sal ons baie meer doen om die oostelike en suidelike flanke van NAVO te help verseker.”

‘n MoD woordvoerder het bygevoeg: “Die Verenigde Koninkryk verhoog sy pakket van maatreëls om sy bondgenote in Europa te ondersteun, ten spyte van ‘n meer selfgeldende Rusland.”

Soveel as ses NAVO-lande is glo bereid om magte na die Swartsee-gebied te stuur in 2017, sê NAVO se sekretaris-generaal Jens Stoltenberg.

Hy het gesê Kanada, Duitsland, Nederland, Pole, Turkye, en die VSA het hul planne om eenhede te stuur na Roemenië vir ‘n versterking van NAVO in die Swartsee-gebied bevestig.

Sewentien NAVO-lidlande sal hul militêre magte aan die vier multinasionale bataljonne afstaan, wat die Noord-Atlantiese Verdrag sal ontplooi in Oos-Europa aan die begin van 2017.

Noorweë het Maandag aangekondig dat meer as 300 Amerikaanse seesoldate op ‘n rotasie-grondslag digby die Russiese grens gestasioneer sal word. Vanaf Januarie 2017 sal hulle met opleiding en maneuvers besig wees.

Die Amerikaanse soldate sal by die Vaernes-lughawe naby Trondheim ge­stasioneer wees.

Die aankondiging kom teen die agtergrond van Brittanje se insinking na Brexit. Die VK probeer tans om lewe te blaas in NAVO deur konflik met Rusland aan te blaas. Hulle gebruik die Oekraïne en Sirië as verskonings.

Al geniet Noorweë goeie betrekkinge met sy buurland Rusland, het die Noord-­Atlantiese Verdragsorganisasie bondgenote­ gevra om by te dra tot die grootste militêre opbou op Rusland se grense sedert die Koue Oorlog.

NAVO beplan ‘n uitgerekte stryd teen Moskou.

Frankryk, Denemarke, Italië en ander bondgenote sal na verwagting aansluit by die vier gevegsgroepe wat deur Amerika, Duitsland, Brittanje en Kanada gelei word en in Pole, Litaue, Estland en Letland ontplooi sal word.

Volgens Russiese bronne sal die NAVO-magte ook gekonsentreer word in die omgewing van Kaliningrad, ‘n Russiese enklawe tussen Pole en Litaue.

Nog ‘n bron het gesê Russiese skepe bewapen met Kalibr langafstandkruismissiele is na die enklawe gestuur. “Die vloot se potensiaal fokus en sal aansienlik uitgebrei word in die Noord-Europese militêre teater,” het die bron gesê aan Interfax.

Rusland is bewus daarvan dat NAVO hul energiebronne wil kaap en ‘n verskoning soek om dit te doen.

Daarbenewens raak die VSA se penarie in Sirië al hoe groter. NAVO het ook aangedring dat Rusland aanvalle op Sirië se Aleppo staak, het NAVO se sekretaris-generaal Stoltenberg Woensdag by sy aankoms die ministeriële vergadering van die alliansie gesê.

“Rusland het die reg om in internasionale waters te wees. […] Die ding wat anders is hierdie keer, is dat ons bekommerd is oor die moontlikheid dat die Kuznetsov gebruik kan word as ‘n platform vir meer aanvalle op Aleppo en Sirië, en sodoende die humanitêre katastrofe wat ons reeds sien in Aleppo en Sirië te vererger,” hy het gesê.

Die Obama-administrasie probeer hul “rebelle”, eintlik terroriste, in Sirië red nadat Rusland se skietstaking wat hulle die geleentheid gegee het om oor te gee, misluk het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.