Kenia stel besoek aan Angola af

Kenia se pres. Uhuru Kenyatta het ”n besoek aan Angola gekanselleer ná ‘n aanval op ‘n gastehuis in Mandera waarin 12 mense Dinsdag dood is.

Volgens ‘n woordvoerder het die president die besoek afgelas om ‘n veiligheidspitsberaad by te woon “in solidariteit met die families wat geliefdes verloor het en diegene wat beseer is, vir wie hy spoedige beterskap toewens”.

Die militante Somaliese Islamitiese groep, Al-Sjabaab, het aanspreeklikheid vir die voorval aanvaar wat Dinsdag in die vroeë oggendure plaas­gevind het.

Vroeër die maand is ses mense in Mandera, wat naby die grens met Somalië­ geleë is, dood toe die militante­ nie-Moslems in twee aanvalle geteiken­ het.

Die militante het Dinsdag geïmproviseerde ploftoestelle gebruik om ‘n deel van die gastehuis op te blaas. Van die hotelgaste is in die puin van die gebou begrawe, wat gedeeltelik in duie gestort het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.