Eskom sal kernuitbreiding bestuur

Deel op

Die Minister van finansies, Pravin Gordhan het Woensdag bevestig in sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk dat Eskom die betwiste kernverkrygingsprogram van die land sal bestuur.

“Binne die raamwerk van die Geïntegreerde Hulpbronplan, is dit bevestig dat Eskom die voortou in die kernkraginisiatief sal neem,” het Gordhan gesê in die Parlement.

Hy het bygevoeg dat die nasionale tesourie die verkrygingsproses sal monitor om te verseker dat dit deursigtig is en die belange Suid-Afrika dien.

“Die Tesourie sal saam met die departement van [Openbare Ondernemings] Minister Lynne Browne werk om te verseker dat die skaal en infasering van die program in die beste belang van Suid-Afrika is en dat die reëlings van verkryging deursigtig is en in ooreenstemming met die wet.”

Eskom se uitvoerende hoof, Brian Molefe, is ‘n voorstander van kernkrag en het in die afgelope weke gewaarsku dat Suid-Afrika nog ‘n verlammende tekort aan elektrisiteit sal ervaar binne ‘n dekade, tensy die program binnekort afskop.

Hy het hernubare energie as ‘n geskikte alternatief verwerp en gesê dit kan nie aan basisaanvraagvereistes voldoen nie.

Maar die nasionale tesourie het Molefe weerspreek in die mediumtermynbegrotingsrede.

“Geïntegreerde hulpbronplanbeplanning moet rekening hou met die dalende koste van volhoubare energie en die moontlike gebruik vir die opwekking van basisaanvraagelektrisiteit,” luidens die dokument wat Gordhan ter tafel gelê het

Nasionale Tesourie het opgemerk dat gevallestudies wat in Australië, Denemarke, Portugal en Brittanje gedoen is, bevind het dat dit haalbaar is om in die vraag na energie te voorsien deur hernubare bronne. Plaaslike studies het tot dieselfde gevolgtrekking gekom, het hy bygevoeg.

“Hoewel wind en sonkrag-tegnologie in die algemeen krag voorsien in die tussenposes, kan dit oorkom word deur die koppeling van geografies verspreide aanlegte aan die netwerk. Buigsame tegnologie soos gasturbines kan gebruik word om die gapings te vul.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.