‘n Swart huiseienaar beskou klaarblyklik die geskenk van ‘n HOP-huis as ‘n bate om te verkwansel. ‘n Skokkende aantal van dié regeringshuise word verkoop.
Dit is in die parlement onthul dat al hoe meer HOP-huisbegunstigdes in die Vrystaat hulle huise vir kontant wol ruil.
Luidens ‘n geskrewe antwoord op ‘n parlementêre vraag, het die meeste oordrag van titelaktes vir HOP-huise landwyd tot en met Junie vanjaar, in die Vrystaat plaasgevind.
Die minister van Menslike Nedersettings, Lindiwe Sisulu sê meer as 62 700 geregistreerde titelaktes in dié provinsie, of 33% van die huise, is na ‘n ander persoon as die oorspronklike eienaar oorgedra.
Die geldwaarde van die oordragte beloop meer as R889 000. Sisulu sê die syfers raak egter net oorspronklike begunstigdes, wat wel die titelaktes van die HOP-huis in hulle naam geregistreer het.
Die statistieke kan veel erger lyk aangesien daar nasionaal ‘n groot agterstand is met die registrasie van titelaktes.
Baie eienaars verkoop ook hulle huise onwettig en nog voor die huis in hulle naam geregistreer is.
Gauteng was die kleinste sondaar.