Rhodesbetogers brand geboue omdat eksamenkullery hokgeslaan word

Deel op

Brande by twee eksamenlokale en die tennisklub aan die Rhodes Universiteit is geblus ná ‘n middag van geweld by die Grahamstadse instelling Woensdag.

Skokgranate en rubberkoeëls is gebruik om die oproeriges te laat bedaar.

Die brand het groot skade aan die tennisklub aangerig voordat dit geblus is. Twee eksamenlokale, die Hangar en die Alec Mullins Hall is ook aan die brand gesteek deur die swart betogers.

Swart frustrasies kook oor nadat streng eksamenregulasies Dinsdag vrygestel is om studente te verhoed om te kul, sowel as oor die teenwoordigheid van die polisie op die kampus om orde te handhaaf.

Studente word voor die lokaal deursoek vir verbode materiaal en volgens ‘n e-pos aan studente, sal nuwe eksamen reëls “streng toegepas” word.

Studente is opdrag gegee om op te daag by eksamenlokale ‘n uur voor die aanvang van die eksamen. Plekke sal gesluit word en laatkommers sal nie toegang gegee word nie. Hulle moet ook ‘n foto-ID vertoon.

Eksamenlokale sal ook onder CCTV toesig wees om die grootskaalse kullery te probeer hokslaan.

Dié maatreëls het swart betogers woedend gehad en hulle het die pad wat lei na die koshuise versper, sodat traangas en skokgranate afgevuur moes word deur die polisie.

In die Kaapstadse middestad is vensters gebreek en busse met klippe bestook toe oproeriges voor die Parlement gewelddadig geword het. Akademici, personeel en “werkers” het aan die “studente-optog” deelgeneem.

‘n Historiese gebou is op die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Wellington-kampus aan die brand gesteek. Die Goodnow-saal is 130 jaar oud.

Die universiteit “probeer nog vasstel” of onlusmakers die gebou aan die brand gesteek het. Die gebou het verskeie ou klaviere en ‘n orrel gehuisves.

By die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie is vyf voertuie Maandag aan die brand gesteek.

Formele lesings vir die res van die jaar opgeskort ná gewelddadige oproer. ‘n Woordvoerder van die universiteit sê die beplande eksamen sal moontlik tot aanstaande jaar uitgestel word, óf kan in November en Desember geskryf word by lokale wat nie op die kampus geleë is nie.

Sy sê indien departemente nie voortgaan met die eksamen vanjaar nie, sal dit tot Januarie uitgestel word. Studente kan direk met hul departementshoofde of betrokke dekaan in verbinding tree rakende die eksamenrooster.

Die Engelse universiteite wat toegeeflik is teenoor oproeriges en “begrip” vir hul onsinnige eise toon, ly tans onder die meeste geweld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.