Van Wits se mooi voornemens kom nog brandstigting, geweld

Deel op

Oproeriges het Dinsdagaand ‘n bus van die Rea-Veya busdiens aan die brand gesteek buite die hoofkampus van die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.

Vroeër die aand is ‘n polisievoertuig aan die brand gesteek nadat die polisie skynbaar deur onlusmakers mislei is.

Die swart betogers het volgens berigte op die bus toegeslaan terwyl die polisie aandag geskenk het aan die toneel van die brandende polisievoertuig.

Die voorvalle volg op gewelddadige betogings gistermiddag waarin betogers die verkeer ontwrig en strate met klippe en asdromme versper het.

Hulle het motors met klippe bestook. Die gewelddadige betogings duur al langer as ‘n maand terwyl die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela die oproeriges aanhits omdat hulle kwansuis “regmatige griewe” het.

Wits het nou reeds verskeie seremonies met hooggeplaasdes soos Madonsela gehou ter afsluiting van die geweld waar allerlei mooiklinkende voornemens uitgespreek is, maar daarvan het dadels gekom.

Madonsela word steeds voorgehou deur die liegpers as ‘n nastrewenswaardige openbare figuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.