Verhoor begin van Britse bankier oor grumoorde in Hongkong

Deel op

Video’s wat ‘n Britse bankier gemaak het van die marteling en gewelddadige dood van twee Indonesiese vroue wat hy na bewering vermoor het, sal vir ‘n jurie vertoon word.

‘n Regter het Maandag in ‘n hof in Hongkong gelas dat die jurie daarna kyk nadat Rurik Jutting se verhoor begin het.

Jutting het vir Bank of ­America Corp gewerk.

Jutting (31), wat aan die Universiteit van Cambridge gestudeer en skoolgegaan het aan Winchester College, een van die prestige­rykste private skole in Brittanje,­ ontken skuld op klagte van moord op grond van verminderde aanspreeklikheid.

Hy beken skuld op klagte van manslag.

Hy is twee jaar gelede in hegtenis geneem nadat twee lyke in sy luukse woonstel gevind is.

Jutting het verskeie opnames van die moord gemaak. In een kan gesien word hoe die eerste slagoffer doodgemaak word en in ‘n ander praat hy oor sy planne vir die tweede slagoffer, lui die klagstaat.

Die polisie het die lyke van Sumarti Ningsih (23) en Seneng Mujiasih (26) in Oktober 2014 in sy woonstel gevind. Albei se kele was afgesny.

Lees verder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.