Mynbeserings, dodeliker as apartheid, styg

Deel op

Beserings tydens mynongelukke het van meer as 2 600 tot meer as 3000 gestyg. Suid-Afrika is die tuiste van diepste myne ter wêreld waar werkers tot 4 km onder die oppervlak werk.

Die sterftesyfer wat deur mynongelukke in die land veroorsaak word, het ‘n afname verlede jaar getoon.

Dit is volgens die jaarverslag van die Nasionale Departement van Mynwese. Volgens die departement het altesaam 79 mynwerkers hulle lewens tydens die 2015/2016 boekjaar verloor, teenoor 71 in die vorige boekjaar.

In Januarie 2015 tot Desember 2015 kan daar ‘n afname waargeneem word. Die verslag dui daarop dat beserings tydens mynongelukke egter van meer as 2 600 tot meer as 3000 gestyg het.

Die departement sê herhaalde ongelukke by myne het daartoe gelei dat veiligheid- en gesondheidsinspeksies by myne drasties moes toeneem.

Statistieke wys dat goud- en platinummyne tot die meeste ongelukke in die land bydra, en die departement het hernude kommer oor die stand van mynveiligheid in die land uitgespreek.

Platinum kan nie veilig bestuur word nie omdat die myne baie diep is, met ‘n baie smal some, wat geologies onstabiel is, sê BHP se woordvoerder Ruban Yogarajah.

Die regering is bekommerd oor veiligheidsinspeksies, maar die bedryf sê inspekteurs veroorsaak arbitrêre werkstakings oor veiligheid, en dit kos miljarde rande aan verlore produksie wat werksgeleenthede op die spel plaas.

Maar die ANC sê die styging in die dodetal toon die behoefte om hul ondersoeke te verhoog. In Julie hjet die regering 38 inspekteurs bygehuur.

In 1993, die jaar voor Nelson Mandela Suid-Afrika se eerste swart president geword het, het 615 mynwerkers gesterf, baie meer as aan die hand van “apartheid” se sogenaamde polisiegeweld.

Teen 2009 het die koers tot 167 gedaal en dit het nou 77 in 2015 bereik, het die Kamer van Mynwese gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.