Die ernstige tekort aan water weens die erge droogte in die Noord-Kaap is nou inwoners van Van Zylsrus se grootste bekommernis en nie meer paaie nie.
Swartes van dié dorp het gister met lede van die Noord-Kaapse regering se uitvoerende raad vergader.
Die John Taolo Gaetsewe streek – waarvan die dorp deel uitmaak – hou al vir jare lank betogings “oor die swak toestand van paaie”.
Maar dit wil voorkom of die paaie as verskoning gebruik word om nie skool te gaan nie. Skole in die gebied is al vir maande gesluit as gevolg van oproer hieroor.
Premier Sylvia Lucas sê die tekort aan water was egter Dinsdag een van die grootste besprekingspunte aangesien bouwerk aan paaie in die gebied fluks voortgaan.
“Gelukkig vir ons is dit minder as 30 kilometer grondpad – slegte grondpad – wat ons besig is om te herstel. Ons is op Van Zylsrus waar ons ‘n gemeenskapsvergadering gehad het. Inwoners kla oor maatskaplike euwels, grondpaaie en munisipale dienste – veral die tekort aan water” sê Lucas.