Dodetal in Kameroen-treinramp styg

Deel op

Die dodetal in verlede week se treinongeluk in Kameroen het tot 79 gestyg, het die staatsmedia in die land gister berig.

Owerhede in Kameroen is steeds besig om deur die wrakstukke na die oorskot van passasiers te soek.

Sondag is nog 11 liggame gehaal uit die puin van die passasierstrein wat ten tyde van die ongeluk met 1 400 mense volgepak was.

Die trein was tussen Kameroen se twee belangrikste stede, die hoofstad, Yaounde, en die sentraal-Afrikaland se hawestad, Douala, onderweg toe dit Vrydag naby die dorp Eseka ontspoor het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.