Venezuela se referendum afgestel

Deel op

Wetgewers in Venezuela is woedend oor ‘n besluit deur die verkiesingsowerhede om voorbereidings vir ‘n referendum te staak en sê daar is ‘n “aftakeling van grondwetlike orde” aan die orde van die dag.

Die aankondiging is tydens ‘n noodsitting oor die ekonomiese en politieke krisis in die olieryke Suid-Amerikaanse land gemaak. Die sitting is vir ‘n wyle in chaos gedompel toe ‘n groep van Maduro se ondersteuners verby veiligheidswagte gebars en die Nasionale Vergadering binnegestorm het. Die sitting is na 45 minute hervat.

Die wetgewers het ‘n beroep op inwoners van Venezuela gedoen om die grondwet “aktief te verdedig”.

“Die voortslepende staatsgreep wat in Venezuela aan die gang is, het daartoe gelei dat ons die geleentheid vir ‘n herroepingsreferendum ontneem is,” het die meerderheidsleier, Julio Borges, van die sentraal-regse opposisiekoalisie gesê.

Wetgewers wat die land se president Nicolas Maduro steun, het op hul beurt die opposisie daarvan beskuldig dat hulle ‘n staatsgreep beplan met die VSA wat daaragter sit.

Die hooggeregshof het die wetgewende meerderheid van minagting van die hof beskuldig nadat hulle, ondanks ‘n ondersoek na verkiesingsbedrog, onlangs drie wetgewers ingehuldig het.

Die opposisie sê die aantygings is vals en die hof is “Maduro se skoothondjie”.

Die hof het sedert die opposisie in Januarie van jaar beheer oorgeneem het, elke wetsontwerp afgeskiet wat in die Nasionale Vergadering aanvaar is.

Intussen het die Pous die land besoek om die krisis te bespreek. Sedert die olieprys gedaal het, sukkel die land ekonomies.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.