Franse breek ‘Oerwoud’ af

Deel op

Frankryk het gister begin om die sogenaamde “Oerwoud” migrante-kamp by die noordelike stad Calais te ontruim voordat dit opgebreek sal word.

Die migrante word nou na ontvangsentrums elders in Frankryk geneem.

Die kamp bestaan uit ‘n versameling tente en skuilings en staan op ‘n winderige moddervlakte naby Calais. Die kamp is ‘n trekpleister vir migrante wat probeer om die kanaal na Brittanje oor te steek.

Die 6 000 tot 8 000 inwoners van die kamp is hoofsaaklik Afgane, Irakese, Eritreërs en Soedanese.

Daar is gevrees dat geweld sou uitbreek oor die gedwonge verskuiwing, maar die eerste dag het glo ordelik verloop.

Die Franse owerhede is gretig om van die oogseer en kriminele nes ontslae te raak voor die verkiesing volgende jaar, maar die dorpies wat die uitlanders moet huisves is woedend en talle betogings teen die asielsoekers is reeds gehou.

Berigte van asielsoekers wat motoriste aanrand en hul motors kaap is reeds verskeie kere aangemeld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.