Talle voertuie by UK aan die brand gesteek

Deel op

Talle voertuie is vroeg vanoggend by die Universiteit van Kaapstad aan die brand gesteek, het RSG berig.

‘n Woordvoerder vir die Universiteit van Kaapstad, Patricia Lucas, sê ‘n koshuis op die Laer-kampus naby die vier brandende voertuie moes as voorsorgmaatreël ontruim word.

Niemand is beseer nie. Dit volg ná ‘n soortgelyke voorval gister by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Bellville Kampus waar minstens vyf voertuie aan die brand gesteek is.

‘n Sekerheidswag van ‘n maatskappy wat kontrakwerk op die kampus doen, die 38-jarige Miguel Joao, beweer dat ‘n derde mag by die brand betrokke is.

Die universiteit het die voorval skerp veroordeel en sê hulle sal bewerings ondersoek dat veiligheidswagte van ‘n vorige maatskappy op die kampus, daarby betrokke kon wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.