Stormwinde waai plakkershutte weg

Deel op

Die Vrystaat en Limpopo is deur stormwinde gelooi wat plakkershuise weggewaai het.

Deneysville in die Vrystaat, is deur die erge storms getref wat ongeveer 500 mense oor die naweek dakloos gelaat het en die munisipaliteit het sakeondernemings gevra om hulp te verleen.

Die storm het oornag Sondag gewoed.

Volgens die woordvoerder by die Metsimaholo-munisipaliteit, is sowat 100 huise in Refengkgotso buite die dorp geraak.

Die burgemeester van die Metshimaholo Plaaslike Munisipaliteit, Sello Hlasa, sê hulle is besig om die skade te bepaal en hoe hulle die gemeenskap kan bystaan.

Hy sê van die inwoners weier om die beskadigde huise te verlaat uit vrees vir vandalisme en diefstal. Ander word in kerke en gemeenskapsale gehuisves.

Ouers weier om te gaan werk omdat drie kleuterskole ook beskadig is.

In die Thohoyandou-gebied in Limpopo is dakke van verskeie huise ook tydens ‘n storm afgewaai.

Die woordvoerder van die Vhembe-distrikmunisipaliteit, Matodzi Ralushai, sê die gebiede wat geraak word, sluit in Makonde, Kubvi en Makumeke buite Malamulele.

Ralushai sê hulle sal binnekort die skade assesseer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.