Daggaboer in gegoede buurt vasgetrek

Deel op

‘n Verdagte, wat in hegtenis geneem is in verband met die kweek van daggaplante en in besit van verwerkte dagga was, het Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Provinsiale woordvoerder van die Valke, S’Fiso Nyakane, sê die Valke en lede van die polisie se Taktiese Reaksie- en Misdaadintelligensie-eenheid het ‘n 36-jarige man by sy woning in die stad aangekeer.

Pieter van Tonder, van De Bruinlaan in die gegoede woonbuurt Rayton, is Vrydagoggend vasgetrek.

Nyakane sê Van Tonder het uit twee kamers in sy huis sy onwettige bedryf bestuur. Die polisie het glo inligting ontvang dat dagga by ‘n huis gekweek en verwerk word.

Nyakane sê daar is op toerusting ter waarde van sowat R20 000 beslag gelê. Daggaplante en verwerkte dagga ter waarde van R70 000 is ook daar gevind. Nyakane sê nog mense kan inhegtenis geneem word.

Van Tonder is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy sal weer op 2 Desember verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.