Hillary maak asof sy gewen het terwyl Trump voorloop

Deel op

Volgens die jongste meningspeiling van IBD/TIPP loop die Amerikaanse presidensiële kandidaat, Donald Trump, voor.

Hy het die voortou geneem met 2 persentasiepunte teen die Demokratiese kandidaat, Hillary Clinton.

Volgens die peiling het Clinton se gewildheid onder belangrike kiesergroepe gedaal omdat sy opgehou het met stemwerwing en optree asof sy reeds gewen het.

Hillary is ver agter nadat talle vroue na vore gekom het en haar man van seksuele teistering en verkragting te beskuldig.

Meningspeilings wys dat Clinton nie meer voor gehore verskyn nie, en haar gedra asof sy reeds die verkiesing gewen het.

Trump het intussen geweier om te sê of hy die uitslag van die verkiesing op 8 November sal aanvaar. Hy het die verkiesingsproses vroeër as ‘n knoeiery bestempel.

WikiLeaks het reeds honderde gekraakde eposse van die Clinton-surrogate vrygestel wat op grootskaalse bedrog en korrupsie dui.

Die FBI het Vrydag ook dokumente vrygestel wat toon hoe ‘n skadu-regering Hillary beheer. Clinton se veldtoghoofkwartier is kort daarna Vrydagaand haastig ontruim nadat ‘n “wit stof in ‘n koevert” ontdek is, sê die polisie.

Dit klink na ‘n foefie om die aandag van die skokkende onthullings oor die Clintons se kriminele bedrywighede af te lei.

Die verdagte stof is by die veldtogkantoor in Manhattan in New York ontdek en is na Clinton se Brooklyn-hoofkwartier geneem wat die ontruiming van die 11de verdieping tot gevolg gehad het, sê ‘n woordvoerder van die New York-polisiedepartement.

Vier mense in totaal is aan die verdagte stof blootgestel, hoewel daar nog geen beserings of siekte aangemeld is nie, sê die polisie.

Die polisie is besig om die stof te toets en ondersoek die saak. Geen verdere besonderhede is nog beskikbaar nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.