Zuma bekommerd oor sy veiligheid

Deel op

Media 24 berig dat president Jacob Zuma nou deur die polisie se spesialis taakmag-eenheid én swaar gewapende weermagsoldate opgepas gan word.

Dit is glo ‘n aanduiding dat daar kommer heers oor sy veiligheid.

Rapport het berig dat die nuwe veiligheidspersoneel beteken dat Zuma se motorgevolg nou gereeld uit meer as 20 voertuie en motorfietse bestaan.

Volgens die Sondagkoerant se inligting is daar sowat twee maande gelede ’n vergadering by die Waterkloof-lugmagbasis besluit dat die nuwe verskerpte veiligheidsmaatreëls nodig is.

Die motorkade sluit in ‘n ambulans en ‘n aparte voertuig vir Zuma se militêre dokter. Geen vorige staatshoof het nog van dieselfde aantal personeel gebruik gemaak nie.

Weermagwoordvoerder Xolani Mabanga het ná navrae van die koerant gesê die weermag sal nie Zuma se veiligheidsmaatreëls met die media bespreek nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.