Motor ploeg in betogers in, dood studenteleier

Deel op

Die ANC-jeugliga (ANCYL) het ‘n beroep op die regering gedoen om dadelik gehoor te gee aan die implementering van gratis onderwys omdat dit nou glo meer dringend is as ooit tevore.

Die jeugvleuel van die regerende party het gereageer ná die dood van die Tshwane Universiteit van Tegnologie se studenteleier, Lesego Benjamin Phehla. Die student is dood toe ‘n motor ingeploeg het tussen betogers wat tussen die twee kampusse Donderdag beweeg het.

‘n Aantal studente, insluitend Phehla, het beserings opgedoen en is na Dr George Mukhari-hospitaal geneem, waar Phehla dood is aan sy beserings.

‘n Bestuurder het beheer oor sy motor verloor en tussen die betogers ingejaag.

‘n Woordvoerder, Mlondi Mkhize, het gesê dat die jeugliga ‘n beroep op die polisie gedoen het om ‘n deeglike ondersoek na die voorval te loods.

Blade Nzimande, minister van Hoër Onderwys en Opleiding, het vroeër ook sy meegevoel uitgespreek en ‘n beroep op kalmte gedoen en selfbeheersing van die polisie en betogers na ‘n paar betogers beseer is toe die polisie rubberkoeëls geskiet het by die Universiteit van die Witwatersrand.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.