Hoër belastings kom vir SA

Deel op

Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, sal waarskynlik Woensdag met sy mediumtermyn-begrotingsrede, ‘n verhoging in belasting aankondig.

‘n Ekonoom van Investment Solutions sê ‘n hoër belastingkategorie en ‘n welvaartbelasting kan verwag word. Hoër korporatiewe belasting is ook in die vooruitsig gestel met die doel om belastingvoordele te verskuif na diegene wat minder verdien.

Belasting wat betaal word deur mense in die middel- tot hoër inkomstegroep sal glo inflasie dek. Investment Solutions sê staatsbesteding oorskry die staat se inkomste en die tekort sal op een of ander wyse verhaal moet word.

Om die graderingsagentskappe gelukkig te hou, sal Gordhan omsigtige fiskale bestuur moet handhaaf, en sal waarskynlik op fiskale konsolidasie en die verlagings uitgawes fokus.

Volgens Investec Batebestuur, sal die begrotingstekort onder die geteikende 3,2% van die BBP tot 3,4% daal.

Gordhan sal ook groeivooruitsigte moet hersien van die 0,9% wat hy in Februarie aangekondig het omdat die ekonomie nie presteer nie.

Intussen is bankrotskap is al meer boere se voorland weens die voortslepende droogte.

‘n Ekonoom van die Noordwes-Universiteit, Johnny van der Merwe, het aan RSG gesê plase word opgeveil omdat boere nie meer hulle lenings kan terugbetaal nie.

Hy sê dit laat banke met geen ander keuse as om plase terug te neem nie. Sowat vyftienduisend plase word geraak weens die droogte.

Boere raak al dieper in die skuld, wat beteken dat die terugbetalings ook elke jaar styg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.