DRK staak nadat verkiesing uitgestel word

Deel op

Die Kongolese hoofstad Kinshasa is Woensdag lamgelê deur ‘n staking uit protes teen president Joseph Kabila wat aan bewind sal bly ofskoon sy termyn teen die einde van Desember verstryk.

Die opposisie het die stakings aangevra nadat die president ‘n ooreenkoms bereik het om tot April 2018 aan bewind te bly deur vanjaar se presidentsverkiesing uit te stel.

Kabila het in 2001 aan bewind gekom en in 2006 het ‘n nuwe grondwetlike bepaling in werking getree wat die president tot twee termyne beperk. Kabila se termyn verstryk op 20 Desember.

Die land se hoofopposisieparty, die UDPS, sê die ooreenkoms tussen die owerheid en rand-opposisiepartye is ‘n “flagrante skending van die grondwet” en sê die betoging wys vir Kabila ‘n “geel kaart.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.