Swart skoolkinders ingebus vir powere opmars na Uniegebou

Deel op

Die optog na die Uniegebou in Pretoria wat deur oproerige “studente” gehou is, was ‘n mislukking.

Die leier van die studente wat Donderdag die opmars gereël het, Vusi Mahlangu, het swartes uitgekryt wat op sosiale media sê hulle ondersteun die saak, maar nie wil deelneem aan optogte nie.

Mahlangu sê hulle het ondersteuningsboodskappe van vakbonde en van ouers gekry, maar geen van dié ondersteuners neem deel aan hulle protesoptrede nie.

Hoërskoolleerders van Soshanguve, Attridgeville en Mamelodi, waarvan verreweg die meeste nooit ‘n universiteit sal sien nie, is ingebus om te betoog ter ondersteuning van die veldtog oor gratis onderwys.

Intussen probeer die Raad van die Universiteit van die Wes-Kaap nou “maatskaplike kwessies in die samelewing” blameer vir hul swak bestuur om belhamels toe te laat om die plek so te sê in puin te lê.

Hulle sê die huidige vlaag oproer op kampusse landwyd is ‘n “simptoom van groter maatskaplike kwessies in die samelewing”.

Die geweld, brandstigting, aanhitsing en intimidasie het in werklikheid direk en heel voorspelbaar van die Universiteit van Kaapstad oorgespoel.

Aanlynplatforms en ander metodes moet nou ingespan word om studente te help om die akademiese jaar te voltooi nadat kontak-lesings vir die res van die jaar opgeskort is weens moordaanslae op veiligheidswagte, voortslepende geweld en brandstigting.

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat gaan ondersoek doen na die skietery waarin ‘n voormalige studenteraadpresident van die Universiteit van die Witwatersrand, Shaeera Kalla, en twee ander studente getref is deur rubberkoeëls.

‘n Woordvoerder van die polisie, Sally de Beer, sê die Gautengse polisiekommisaris, luitenant-generaal Deliwe de Lange, het Kalla in die hospitaal besoek.

Die rewolusionêres by Wits probeer die voorval vir propaganda uitbuit.

Die studenteraad van Wits sê Kalla het ten tye van die skietery haar hande in die lug gehad, maar het geen kommentaar gelewer op die vandalisme, intimidasie en openbare geweld wat die oproeriges pleeg nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.