Vrystaat laks om polisiemisdrywe aan te meld

Deel op

Waar polisiebeamptes in die Vrystaat betrap dat hulle oortree, is hulle laks om sulke sake aan te meld.

Volgens die jongste statistieke word oortedings waarby polisiebeamptes betrokke is nie graag ondersoek nie.

In vergelyking met ander provinsies, word die meeste sake wat verband hou met wetgewing wat beamptes verplig om interne misdrywe aan te meld, in die Vrystaat ondersoek.

Volgens dié ondersoekeenheid se jaarverslag vir die 2015/2016 boekjaar, is altesaam 41 gevalle landswyd gevind.

Ingevolge die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD) wetgewing moet moontlike oortredings en/of beweringe waarby polisiebeamptes betrek word, binne 24 uur by OPOD aangemeld word.

Altesaam 12 sake is in die Vrystaat, gevolg deur ses wat in Mpumalanga ondersoek word. Net twee voorvalle – die minste in die land – is in Noord-Wes en Oos-Kaap aangemeld.

Intussen is ‘n een-en-dertigjarige polisieman is in hegtenis geneem omdat hy na bewering ‘n groot som geld op ‘n misdaadtoneel in Pretoria probeer steel het.

‘n Woordvoerder van die Gautengse polisie, Kay Makhubele, sê misdadigers het werkers by ‘n vulstasie aangehou en ‘n bedrag geld geneem.

Die verdagte is gevang waar hy van die geld op die vloer opgetel en in sy sak gesteek het. Hy het die geld in sy motor gaan versteek en is op die toneel in hegtenis geneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.