SA verskaf steeds krag op skuld aan bankrot Zimbabwe

Terwyl Eskom sukkel om Suid-Afrika se ligte aan te hou, verskaf die openbare maatskappy steeds elektrisiteit op skuld aan Zimbabwe. Tans skuld ons noordelike buurland met sy ekstremistiese antiblanke regering Eskom R250 miljoen, sonder enige teken dat dit betaal gaan word.

In die jongste welwillende gebaar jeens Zimbabwe, het Eskom die land nog tyd – tot einde Desember 2016 – verleen om te begin betalings maak. Zimbabwe ontvang ten minste 30% van sy krag vanuit die buiteland, met Mosambiek se Hydro Cahora Bassa-maatskappy (HCB) wat ook aan die land elektrisiteit voorsien. Blykbaar skuld Zimbabwe insgelyks R126 miljoen aan HCB.

Die besturende direkteur van die Zimbabwe-elekrisiteitstransmissie en -verspreidingsmaatskappy (ZETDC), Julian Chinembiri, het intussen in die Financial Gazette verklaar dat “agterstallige bedrae ophoop”.

“Eskom het ons tot Desember 2016 gegee terwyl HCB ons tot einde November gegee het om agterstallige bedrae te vereffen,” sê Chinembiri. “Tans geniet ons stabiele kragvoorsieing en ons sou voorsiening wou hou soos dit is en verseker dat geen beurtkrag ingestel word nie.”

“Ons beskik oor voorafbetaalde reëlings met Eskom en HCB.”

Zimbabwe voer ongeveer 350 megawatt elekrisiteit van Eskom in en 50MW van HCB. Die land wek ook krag op deur middel van dieselopwekkers wat aan Robert Mugabe se skoonseun, Simba Chikore, behoort. Onlangs is Chikore insgelyks as onderhoof van die bankrot lugdiens, Air Zimbabwe, aangestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Munisipaliteite betaal nie, Zim betaal nie, baie “burgers” betaal nie vir hulle elektrisiteit nie maar laat ek of jy durf om dit na te laat dan kom sny hulle jou krag af.

    • Hans Onrust

      ‘iedereen is gelijk’ gaat zoals bekend niet altijd op, Rooikop. En zo brengt het ‘helpen van de zwakkeren’ nog meer zwakkeren terwijl de ‘rechtvaardige verdelers’ hun flessen Moêt leeg zuipen.
      Maar het is kennelijk wat waard om de misdadige paraleleconomie die de bestuurders vetmest, in stand te houden.

      Maar voor u, als u even de moeite kunt nemen, een praktische vraag aan de zijlijn.

      Bij ons is de bovengrondse stroom/electriciteit/krag sinds vorige week met een ondergrondse kabel vervangen.

      Die aanvoerkabel die het huis is ingebracht bestaat uit 4 aluminium draden. (koper is duurder en wordt gestolen)
      Een zwarte, een bruine, een grijze en een geel/groene. 3 fasen en een aardkabel.
      Nu dient er, uit mijn geldbuideltje ofwel op kosten van de huiseigenaar, een kabel van 14 meter lengte het ondergrondse ‘HAK’ (huisaansluiting in de kelder)naar de stoppenkast gelegd.
      Dat moet kennelijk wettelijk een KOPER kabel zijn van 5x16mm
      Waarom kan/mag dat niet een 50% goedkopere aluminium kabel zijn ?
      Nu kabel die nu van de stoppenkast aan de bovenleiding (bovengronds) is aangesloten is nl. ook aluminium.

  • Antonie Geyser

    ja, ek dink burgers in soweto hoef nie eintlik te betaal nie, want daar is geen manier om hulle te laat betaal nie, hulle sny net eenvouding die meters uit en ‘bypass’ hulle

  • Dave

    ‘soos dit is en verseker dat geen beurtkrag ingestel word nie.’ … Dus het ons beurtkrag ervaar sodat ‘n nie-betalende Rhodesië aaneenlopende elektrisiteitstoevoer kon hê. Beslis sal ons daarmee saamstem dat die balaklava-draers die betekenis van die woord ‘lojaliteit’ respekteer want hulle is lojaal teenoor die kompleet donker Afrika.