Haelstorm wat Bloemfontein tref, rig skade aan

Deel op

‘n Onverwagse haelstorm het chaos in Bloemfontein veroorsaak. In sommige strate het haelkorrels reënwater laat opdam.

Opruimingswerk het Donderdagaand in verskeie dele van Bloemfontein begin nadat dié stad en verskeie ander dorpe in die Vrystaat laatmiddag onder hewige hael en reën deurgeloop het.

By Prellerplein in die noorde van die stad het die erge hael op plekke kniediep gelê, sodat stootskrapers ingespan moes word om hope haelkorrels te verwyder.

Die hope hael het motors se wiele onder ‘n wit kombers yskorrels bedek, en moes daarom meganies weggeskraap word.

In Jagersfontein het haelkorrels so groot soos gholfballe groot skade aangerig. Die hael het gate in motors geslaan.

Lede van sekuriteitsmaatskappye het in Christo Groenewald-laan, waar ‘n gedeelte van die pad deur opgehoopte haelkorrels versper is, het verkeer herlei.

In die Northridge Mall het haelkorrels en reën deur die dak gelek. Ook daar is motors beskadig en gate is in motorvensters geslaan. Skade is ook aan huise aangerig.

In die Dan Pienaar-uitbreiding het ‘n deel van ‘n huis se plafon ingeval en bome se takke is afgeruk. ‘n Buitemuur van ‘n huis in Pentagonpark het omgeslaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.