Moord op tolk ruk Potchefstroom

Deel op

Die moord op ‘n tolk van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Die 46-jarige Maria Arangies (links op foto) van die Taaldirektoraat se tolkdienste op dié kampus is gedurende in ‘n gewapende huisaanval doodgeskiet.

Die direkteur van die Taaldirektoraat, Johan Blaauw, sê hulle het vanoggend nadat klasse reeds begin het, eers uitgevind wat gebeur het.

Blaauw het gesê die talentvolle Arangies was die afgelope tien jaar verbonde aan die Taaldirektoraat.

“Arangies was ‘n baie begaafde en intellektuele mens. Sy het haar regsgraad voltooi, en toe haar studies voortgesit in die mediese rigting. Sy het as tolk in die gesondheidswetenskappe vir studente in lesings opgetree.”

Blaauw sê sy was besig om haarself in ‘n farmaseutiese rigting te bekwaam. Hy het die sinnelose moord veroordeel, veral dat ‘n begaafde mens só ‘n wrede dood moes tegemoetkom. “Dit is ‘n mors van ‘n lewe,” het hy gesê.

Volgens polisiewoordvoerder in Noordwes, Kelebogile Moleko, is Arangies buite haar huis in Mooivalleipark geskiet. Moleko het bevestig dat Arangies dood is terwyl sy die huis binnegestrompel het.

Vyf swart aanvallers het daarna nog ‘n vrou wat in die huis was, aangerand. Dié beseerde Lieske Burger (regs op foto), wat ernstige kopbeserings opgedoen het, is in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.

Burger was na bewering Arangies se huismaat.

Maleko sê die rowers het met juweliersware, ‘n televisiestel, ‘n rekenaar en ander waardevolle items op die vlug geslaan.

Moleko sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.