VSA wil ISIS uit Mosoel dryf na Sirië

Deel op

Irakse en Koerdiese magte sê hulle het sowat 20 dorpies om Mosoel beveilig in die eerste dag van optrede om die terreurgroep ISIS uit die stad te dryf.

NUUT!

Dié stap deur die VSA word gedoen in die hoop dat ISIS na Sirië sal uitwyk, maar hul beweegrede word nie openbaar gemaak nie.

Die jongste aanval op ISIS is ‘n berekende skuif vir pres. Barack Obama omdat die VSA die stryd in Sirië verloor het, maar Amerikaanse amptenare erken daar is geen tasbare plan vir die regering van die gebied rondom Mosoel sodra ISIS oorwin is nie.

Die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) sê hy kry die gasmaskers gereed omdat ISIS vantevore sulke wapens teen Irakse en Koerdiese magte gebruik het, maar die kanse daarvoor is skraal aangesien die terreurgroep Amerikaanse wapentuig gebruik.

Mosoel is Irak se tweede grootste stad en die grootste stedelike gebied wat deur militante van die Islamitiese Staat (ISIS) beset word.

Die val van Mosoel sal ‘n belangrike oorwinning teen die Soenni-­djihadiste in Irak wees, maar kan ook lei tot grondgrype tussen groepe wat in ‘n stryd teen mekaar gewikkel is sedert die regering van Saddam Hoesein in 2003 omvergewerp is.

Die Irakse weermag en Pesjmerga-­magte van Irakse Koerdistan het Maandag met groot mediageskal na Mosoel begin beweeg. Meer as 25 000 soldate is vir die veldtog ontplooi wat na verwagting weke indien nie maande nie kan duur.

Hulle ontvang lugbystand van ‘n Amerikaans-geleide koalisie wat gestig is toe Isis in 2014 van Sirië na Irak beweeg het.

Hoshjijar Zebari, ‘n senior Koerdiese amptenaar, sê die eerste operasies het geslaag danksy noue samewerking tussen die Irakse regering en Koerdiese Pesjmerga-vegters­ en ISIS kon uit tien dorpies oos van Mosoel verdryf word.

“ISIS is verward. Hulle weet nie of hulle ‘n aanval uit die ooste of die weste of die noorde moet verwag nie,” sê hy.

“Daar sal nie ‘n skouspelagtige aanval op Mosoel self wees nie. Dit sal baie versigtig gedoen word. Dit is ‘n hoë risiko-operasie vir almal.”

Aboe Bakr al-Baghdadi, Isis-leier,­ en Fawzi Ali Noeimeh, plofstofdeskundige, is albei in Mosoel, sê Zebari.

Dit beteken ISIS sal sterk weerstand bied.

Sy vegters het die aanvalsmag met tien selfmoordbomme aangeval en die aanvalsmag het vyf dorpies omsingel, maar nie oorgeneem het.

Die bewerings kon nie onafhanklik bevestig word nie.

Die aanvalsmag is nog tussen 20 km en 50 km van Mosoel. Amptenare sê dit is ‘n “vormingsoperasie” om die aanvalsmag se posisie te verstewig.

Haider al-Abadi, Irakse premier, het die aanval eergister bevestig, sowat twee jaar nadat Irak se naasgrootste stad in ISIS se beheer beland het.

Die operasie is al sedert Julie met die VSA beplan. Die Verenigde Nasies sê tot een miljoen mense kan uit Mosoel vlug.

Die eerste groep vlugtelinge word binne vyf of ses dae verwag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.