Skelm Clinton-kamp se gekonkel met FBI gelek

Deel op

Een van Hillary Clinton se senoir amptenare het haar van vervolging probeer beskerm deur die federale speurdiens (FBI) te probeer omkoop. Dit het duidelik geword uit die jongste WikiLeaks onthullings.

‘n Senior amptenaar in die departement van buitelandse sake het Clinton teen die FBI probeer beskerm oor haar onwettige gebruik van ‘n privaatepos­bediener toe sy minister van buitelandse sake was.

Patrick Kennedy, die mees senior bestuurder in die departement van buitelandse sake, se onverkwiklike rol is openbaar gemaak in die FBI se jaar lange ondersoek na die eposse.

Verlede jaar het amptenare die sowat 30 000 eposse ondersoek wat Clinton aan die departement oorhandig het. ‘n FBI-lid het ’n oproep van ’n amptenaar van die departement van buitelandse sake se regsafdeling gekry waarin die klassifikasie van die inligting in twyfel getrek is. Die FBI het voet by stuk gehou.

Kort daarna het Kennedy ’n ander FBI-lid gebel en gevra om die spesifieke e-pos se klassifikasie te verander as deel van ’n “ruiltransaksie”.

Die versoek is gerig sodat die inkriminerende epos geliaseer sou kon word buite bereik van nuuskierige ondersoekers.

Die lid het gesê dit het voorgekom asof Kennedy probeer om Clinton te beskerm deur dit te laat lyk of minder eposse vertroulike inligting bevat.

’n Ander FBI-lid het ook die bespreking van ’n “ruiltransaksie” bevestig. Die FBI-lid het ­gesê hy sal die epos se klassifikasie ondersoek op voorwaarde dat die departement van buitelandse sake meer FBI-agente oorsee ontplooi.

Die departement en die FBI het ’n gesprek oor die epos bevestig, maar ontken dat dit ’n ruiltransaksie was

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.