Grondwetlike krisis dreig in Hongkong

Deel op

Dosyne pro-Beijing wetgewers het dié week uit Hongkong se wetgewende raad gestap om die inswering van twee pro-onafhanklikheid aktiviste te verhinder. Dit lê die grondslag vir ‘n grondwetlike krisis in die Chinees-­beheerde stad.

Die onafhanklikheidsonderwerp is lank reeds taboe in die voormalige Britse kolonie wat ingevolge die een-land-twee-stelsels-beginsel regeer word sedert dit in 1997 onder China se bewind gekom het.

Pro-Beijing wetgewers sê hulle het geen keuse gehad as om uit te stap nie nadat die twee aktiviste geweier het om verskoning te vra nadat hulle “die moederland beledig het.”

Yau Wai Ching, pro-onafhanklikheidsaktivis, het op sy beurt gesê die pro-establishment kamp behoort om verskoning te vra omdat “hulle die mense van Hongkong verraai het”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.