Gratis Telkom-data aan studente wat wil studeer

Telkom het bevestig dat hulle gratis data beskikbaar gaan stel aan studente wat weens die voortslepende betogings nie toegang tot hul studiemateriaal kan kry nie.

Die maatskappy sê hy is daartoe verbind om onderwys in Suid-Afrika te steun, het RSG berig.

Sommige universiteite het klas- en studiemateriaal aanlyn beskikbaar gemaak vir studente wat weens die betogings nie toegang tot die kampusse kan verkry nie.

Telkom se diens waarmee die ontvanger van die oproep die koste daarvan dra, sal studente toelaat om Telkom-simkaarte te gebruik om toegang tot ‘n universiteitswebwerf te verkry sonder dat hulle self vir die dataverbruik betaal.

Studente wat akademiese materiaal deur Telkom as internetdiensverskaffer verkry, sal ook by die gratis data baat vind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.